Dienste
Sake- en boedelbeplanning
Ons ontwikkel en formuleer strategieë vir die bereiking van jou doelwitte binne die trefwydte van heersende wetgewing, met die fokus op die volgende:
- Bepaling en prioritisering van jou doelwitte
- Doeltreffende strukturering van jou besigheid en ander belange
- Verskaffing van advies by die opstel van ooreenkomste
- Gladde oordrag van jou besigheid en finansiële belange
- Ontwikkeling van opvolgerplanne en -prosesse
- Proaktiewe identifisering en hantering van risiko's waaraan jy blootgestel is
- Doeltreffende belastingstrukture (inkomste-, kapitaalwins-, skenkings- en boedelbelasting, ens.
- Om jou testament, trusts, ens. in ooreenstemming te bring om jou doelwitte te behaal
- Behoud van jou bates vir jou afhanklikes en erfgename.
Beleggings- en aftreebeplanning
Die ontwikkeling van strategieë vir die skepping en beskerming van welvaart:
- Verskaffing van gepaste advies
- Strukturering van beleggings volgens jou risiko-aptyt en doelwitte
- Deurlopende monitering van jou beleggings
- Ons hou jou op hoogte van prestasie en vordering
- Doen van aanbevelings indien veranderings nodig is
- Versekering dat jou rykdom deur organisasies van goeie naam bestuur word.
Kostedoeltreffende oplossing
Alhoewel ons fooie hef vir die dienste wat ons lewer, poog ons altyd om koste te beperk sonder om die gehalte van diens prys te gee.
Ons is ten volle bewus van die negatiewe impak wat koste op die waarde van jou belegging of die prestasie daarvan of trouens op enige finansiële belang kan hê.
Implementering
Ons is behoorlik gekwalifiseer om u met die volgende behulpsaam te wees gedurende die implementeringsproses:
- Fidusiêre dienste
- Trustoudits om nakoming met bestaande regsvereistes te bepaal, asook die bestuur daarvan
- Opstel van testamente – enkel-, gesamentlike of saamgesmelte testamente
- Administrasie van trusts
- Regsoudits en die aanbring van wysigings
- Oprigting en registrasie van inter vivos-trusts.
- Sakebeplanning
- Opstel van ooreenkomste: Aandeelhouers-, samewerkings-, lenings-, koop-en-verkoop-, huurooreenkomste
- Oprigting van maatskappye, besigheidstrusts, ens.
- Oordrag van vaste eiendom.
- Beleggings- en Aftreebeplanning
- Bepaling van jou beleggingsdoelwitte
- Om beleggings in ooreenstemming met ekonomiese toestande te bring
- Seleksie van en advies oor bateklasse ooreenkomstig ekonomiese toestande
- Seleksie van fondsbestuurders met bewese prestasierekords
- Seleksie van en advies oor doelgerigte beleggingsfondse
- Kwartaallikse terugvoer oor prestasie
- Hersiening en herstrukturering van portefeuljes
- Aanbeveling van doeltreffende aftree- en beleggingsoplossings.