slide1 slide2 slide3 slide4 slide5 slide6 slide7 slide8 slide9

Waarom 'n finansiële GPS?

"Wat jy nie kan meet nie, kan jy nie bestuur nie." Anon

Behoefte aan ʼn finansiële GPS 

Die deurlopende meting van jou vordering, hetsy finansieel of andersins, is van die allergrootste belang om te bepaal of jy jou doelwitte gaan bereik of jou strategie moet aanpas.

Wat is 'n GPS?

gpsGPS staan vir "Global Positioning System', wat ʼn radionavigasiestelsel is wat gebruikers op land, see of in die lug in staat stel om 24 uur per dag, in alle weerstoestande, op enige plek ter wêreld hul presiese ligging te bepaal."

ʼn Voorvereiste vir die doeltreffende toepassing van ʼn GPS is dat jy voor jou vertrek jou eindbestemming moet vasstel.

As jy van Kaapstad na Johannesburg reis, kan jy met behulp van ʼn GPS (a) jou werklike ligging, (b) jou vordering en (c) alternatiewe roetes, indien nodig, bepaal.

ʼn Finansiële GPS (F-GPS) is: 

  • ʼn konsolidasie van jou doelwitte of finale bestemmings
  • ʼn hulpmiddel om jou vordering met die bereiking van jou doelwitte te meet
  • ʼn proses om jou te help om moontlike risiko's en prosesse om hierdie risiko's te temper, te identifiseer.

Waarom ʼn meetinstrument?

Dit is relevant in alle sfere van die lewe en in alles waarby jy betrokke is.
Dus, as jy iets nie kan meet nie is dit waarskynlik nie die moeite werd om dit te doen nie.

Proses

Gevolglik is dit nodig om ʼn proses met ʼn duidelik omskrewe vertrekpunt en ʼn eindresultaat te volg ten einde ʼn nuttige F-GPS te ontwikkel wat jou sal help om jou finansiële doelwitte, insluitend jou beleggingsdoelwitte, te bereik.



© 2016 PJ Consult. The Financial GPS

Financial Services Practise: FSP-44860
Tax Practitioner: PR 7390650
Compliance Officer: FSB-538

 

Site managed by raramuridesign