slide1 slide2 slide3 slide4 slide5 slide6 slide7 slide8 slide9

PJ Consult – Die Finansiële GPS

Onafhanklike finansiële advies

PJ Consult is ʼn onafhanklike finansiëledienstemaatskappy wat finansiële, regs- en risikobestuursdienste aan ons kliënte verskaf. Die Finansiële GPS is ontwikkel om ons te help met die nakoming van ons verantwoordelikhede ten opsigte van die advisering van ons kliënte oor ons fokusareas, naamlik welvaartskepping, welvaartbeskerming, boedel- en sakebeplanning.

Ideologie

Ons glo in en is verbind tot die verskaffing van objektiewe, onpartydige en onafhanklike advies tot voordeel van ons kliënte. Ons verbintenis aan die beginsels van integriteit, vertroue en deursigtigheid is onderliggend aan ons dienste aan ons kliënte en is nie onderhandelbaar nie.

Ons bevoegdhede

Financial-planning-1Ons het die kennis, insig, regs- en finansiële bevoegdhede tot ons beskikking om ons kliënte doeltreffend by te staan met die formulering van hul doelwitte, en die identifisering en versagting van verwante risiko's.

Metodologie

Persoonlike kontak met kliënte is van die allergrootste belang om hul persoonlike doelwitte, behoeftes en wense, en verwante risiko's te bepaal. Elke plan word omgestel om elke kliënt se individualiteit en uniekheid te weerspieël.

Oor die Besturende Direkteur

Dr Philip van der Walt, die Besturende Direkteur, is ook direkteur van, Van der Walt & Van Niekerk Prokureurs Ing. en het oor die jare die kennis opgedoen wat hom in staat stel om spesialis- professionele dienste aan kliënte te verskaf.

Hy het ʼn DCom- en BProc-graad, asook ʼn Nagraadse Diploma in Belastingwetgewing, is ʼn Gesertifiseerde Finansiële Beplanner en het omvattende ondervinding in die finansiëledienstebedryf as kosterekenmeester, regsadviseur en senior bestuurder. Hy is ʼn voormalige direkteur van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Finansiële Beplanning en die Nakomingsinstituut van Suid-Afrika.

Lisensie

Ons is ingevolge die Wet op Finansiële Advies- en Tussengangersdienste, 2002, gelisensieer om finansiële dienste te verskaf.

 

© 2016 PJ Consult. The Financial GPS

Financial Services Practise: FSP-44860
Tax Practitioner: PR 7390650
Compliance Officer: FSB-538

 

Site managed by raramuridesign